Elke Sondag 9:00
Die kinders is tydens die diens in kindervriendelike lokale doenig.
Jou kinders is vir ons van groot waarde!
Kleuters, peuters en laerskool kinders – ons wil hulle graag deel maak van CONNEXI KIDS bediening.
CONNEXI KIDS is vir kinders vanaf 2 jaar tot 12 jaar

Klein handjies, groot geloof!

CONNEXI KIDS is nie daar om kinders op te pas nie, maar om by te dra tot die kinders se groei geestelik, emosioneel en fisies, asook om hulle die nodige tools uit die Bybel te gee, sodat hulle hulle volle potensiaal kan bereik. Dis ook ‘n plek waar hulle kan speel en lag en uitdrukking gee aan hoe hulle God ervaar, soos wat net kinders kan.

Jou kinders kry blootstelling aan samesyn, aanbidding en ‘n interaktiewe les wat op hul ouderdoms- en ontwikkelingsvlak aangebied word. Deur hierdie belewenis leer hulle van ’n jong ouderdom van Jesus se liefde vir hulle.

 

Akkommodasie vir Spesiale Behoeftes

Terwyl ons nie ’n spesifieke program vir spesiale behoeftes het nie, wil ons graag jou kinders so goed moontlik akkommodeer. Deel asseblief met ons hoe ons saam met jou kan werk.

Scroll to Top