Saam dra ons mekaar

By Connexo Lief glo ons dat ons geroep is om mekaar se vreugdes te vier en mekaar se laste te dra. Daarom is hierdie bediening daar om saam met jou deur elke seisoen van die lewe te stap – of dit nou ‘n tyd van vreugde, verlies, uitdagings of nuwe mylpale is.

Wanneer jy deur ‘n moeilike tyd gaan, ‘n geliefde verloor het, ondersteuning nodig het, of wanneer daar iets besonders is om saam te vier, is ons hier vir jou. Ons begeerte is dat niemand alleen deur die hoogtes of die laagtes van die lewe hoef te gaan nie.

Vir ondersteuning of om ‘n vreugdevolle of hartseer gebeurtenis met ons te deel, kontak gerus Mariaan Schafer 065 318 4606. Ons sal graag saam met jou bid, ondersteun, bemoedig en deel wees van jou reis.

Scroll to Top