Goue Jare
By Connexo Seniors vier ons die wysheid, ervaring en waarde wat ons senior lidmate tot ons geloofsfamilie bydra. Hierdie bediening is spesiaal vir persone van 60 jaar en ouer en fokus daarop om in hul geestelike, sosiale en emosionele behoeftes te voorsien.
Deur gereelde byeenkomste skep ons geleenthede waar vriendskappe verdiep, stories gedeel en nuwe herinneringe gemaak word. Dit is ‘n plek waar ons saam kuier, lag, eet, leer en mekaar bemoedig terwyl ons in ons geloof bly groei.
Ons geniet ook inspirerende sprekers, opbouende aktiwiteite en betekenisvolle uitreike na verskillende instansies, waar ons die liefde van Christus op ‘n praktiese manier uitleef. By Connexo Seniors glo ons dat elke seisoen van die lewe doel en betekenis het, en dat ons nooit ophou om te groei, te dien en ‘n verskil te maak nie.
Kom sluit by ons aan en word deel van ‘n warm gemeenskap waar jy welkom is, waardeer word en saam met ander die pad van geloof kan stap.
Vir meer inligting kontak Charmaine Venter op 076 021 1110
