Lof en Aanbidding

Lof en aanbidding is die hartklop van ons Sondagbyeenkomste. Deur musiek lei ons die gemeente om God met oorgawe, vreugde en eerbied te aanbid en skep ons ruimte waar mense Hom kan ontmoet.

Ons span bestaan uit toegewyde musikante en sangers wat hul gawes gebruik om ander in aanbidding te lei. Elke Donderdagaand kom ons saam vir oefening, voorbereiding, toerusting en geestelike groei, sodat ons met uitnemendheid en ‘n hart vir God kan dien.

As jy ‘n passie vir aanbidding het en graag jou musikale of sangtalente wil gebruik om God te verheerlik, nooi ons jou om deel van die ConnexSing span te word.

Vir meer inligting kontak Anke Opperman 068 673 4987 

Scroll to Top