Connexo is ‘n Post-Denominele kerk met n Charismatiese, Koninkryk gerigte en vernuwende inslag.
Die evangelie van Jesus Christus en die genade boodskap is ons primêre fokus.
Connexo is dogmaties konserwatief en glo in:
- God die Vader (1 Korinthiërs 8:6)
- Die Seun van God (Johannes 1:1-3)
- Die Heilige Gees (Johannes 14:26) wie die Gees van die Vader en die Seun is (Romeine 8:9).
Die verklaring van Jesus in Johannes 14:6
“Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”
Ander kernwaarhede van die Christelike geloof waarin ons glo is:
- Die geboorte, lewe, kruisiging, opstanding, hemelvaart en wederkoms van Jesus.
- Die wedergeboorte van die mens uit Gees en water
- Die invulling, vrug en gawes van die Heilige Gees
- Die lering van die koninkryk van God
- Die eindtyd gebeure
- ‘n Nuwe hemel en ‘n nuwe aarde
Hierdie waarhede vorm die fondasie van ons prediking en ons geloofslewe.
Die woord connexo is familie van die Latynse woord CONNEXUS wat dui op “TO CONNECT”.
Ons wil VERBIND wees aan GOD wie die bron van lewe is! Ons wil VERBIND wees aan MENSE om die liefde van Christus bekend te maak.
Die x is die gemeente logo wat die “CONNECT” tussen God en mens uitbeeld. Die x was die letter wat Christene in die vroegste eeue gebruik het om na Christus (Xristos) te verwys
Die simboliek van die o langs die x is om te ‘OMHELS’. As gemeente wil ons God en mense OMHELS!
OMHELS ‘n handeling van:-
◦ om iemand styf in jou arms vas te hou
◦ om iets gewilliglik of met entoesiasme te aanvaar
EMBRACE an act of
◦ holding someone closely in one’s arms
◦ accepting something willingly or enthusiastically
Ons wil soveel mense as moontlik bereik op verskillende maniere ◦ verskillende plekke ◦ verskillende tye
