ONS PASTORE
Ps Callie & Rentia Venter

Callie en Rentia Venter is die Leier pastoorspaar van Connexo kerk sedert 1988.

Callie het sy B.Th. graad verwerf aan die Suid Afrikaanse Teologiese Seminarium.

Callie is ‘n Woord prediker en is die genade boodskap vir hom essensieël. Toerusting van lidmate om geestelik te groei en hulle gawes te ontdek en uit te leef geniet prioriteit. Callie en Rentia is koninkryksgerig en is daar sedert 2005 reeds 60 tent kerke geplant oor Suid Afrika, op die Afrika continent en in Indië. Rentia het ‘n hart vir kinders en is die bedieningsleier van Connexi Kids Kinderkerk. Om kinders van ‘n vroeë ouderdom aan Jesus voor te stel, hulle te dissipileer en ‘n sterk geestelike fondasie te lê in hul lewens is vir haar ‘n prioriteit.

Ps Richard & Christa Vrey

Richard en Christa Vrey is pastorale pastoorspaar. Richard het ‘n Diploma in Pastorale bediening verwerf by Little Falls Bybelskool. Hulle het ‘n omgee hart en is die welstand van mense in die gemeente vir hulle belangrik. Hulle primêre fokus is om geestelik om te sien na Connexo se lidmate wat woon in Randfontein en is Richard ook betrokke by hospital besoeke aan siekes. Richard bedien ook tydens Sondagoggend dienste.

Ps Marc & Claire van Wyk

Marc en Claire van Wyk is die Jeugbediening pastoorspaar met ‘n koninkryksgerigtheid. Marc het ‘n Diploma in Teologie verwerf by Christian Life Training. Beide het ‘n hart vir jongmense. Marc het ‘n Leraarsbediening en is die geestelike groei en dissipilering van jongmense vir hom baie belangrik. Marc bedien ook tydens Sondagoggend dienste.

Scroll to Top