Ps Callie & Rentia Venter
callie@connexo.co.za / info@connexo.co.za
Callie en Rentia Venter is die Leier pastoorspaar van Connexo kerk sedert 1988.
Callie het ‘n B.Th. graad verwerf aan die Suid Afrikaanse Teologiese Seminarium.
Callie is ‘n Woord prediker en is die genade boodskap vir hom essensieël. Toerusting van lidmate om geestelik te groei en hulle gawes te ontdek en uit te leef geniet prioriteit. Callie en Rentia is koninkryksgerig en is daar sedert 2005 reeds 60 tent kerke geplant oor Suid Afrika, op die Afrika continent en in Indië. Rentia het ‘n hart vir kinders en is die bedieningsleier van Connexi Kids Kinderkerk. Om kinders van ‘n vroeë ouderdom aan Jesus voor te stel, hulle te dissipileer en ‘n sterk geestelike fondasie te lê in hul lewens is vir haar ‘n prioriteit.
Richard en Christa Vrey – Pastorale pastoorspaar
Richard het ‘n Diploma in Pastorale bediening verwerf by Little Falls Bybelskool. Hulle het ‘n omgee hart en is die welstand van mense in die gemeente vir hulle belangrik. Hulle primêre fokus is om geestelik om te sien na Connexo se lidmate en is Richard ook betrokke by hospitaal bediening aan siekes.
Ps Richard & Christa Vrey
rhvrey@gmail.com
Ps Marc & Claire van Wyk
marcv123@icloud.com / clairev3@icloud.com
Marc en Claire van Wyk – Jeugbediening pastoorspaar
Marc het ‘n Diploma in Teologie verwerf by Christian Life Training. Beide het ‘n hart vir jongmense. Marc het ‘n Leraarsbediening en is die geestelike groei en dissipilering van jongmense vir hom baie belangrik.
