Wat is Connexo Care?

Connexo Care is ’n ondersteuningsplatform en groeigroep vir mense wat voel hulle het hul stem verloor, of nie meer deel van die samelewing wil wees nie.

Hier is wat jy kan verwag:

  • ’n Ruimte waar jy jou storie kan vertel sonder oordeel.
  • ’n Oor wat luister, nie net hoor nie.
  • Voorstelle wat jou help om jou storie te aanvaar en te begin beplan aan jou toekoms.
  • ‘n Plek waar respek en vertroue gekweek word.
  • ’n Geleentheid om jou identiteit te bou op die waarheid van God se Woord – veral Psalm 139.

'n Veilige plek vir jou.

Dalk is dit jou huisomstandighede, jou seksuele voorkeur, angs, trauma, verhoudingsprobleme of ‘n gewoonte wat jou terughou. Jy voel jy pas nie in nie. Jy het begin onttrek van mense – en dalk selfs van jouself.

Connexo Care is ’n veilige ruimte vir mense soos jy. ‘n Ruimte waar jy kan connect met jouself, ander, en met hoop.

Vir meer inligting kontak Carina Pretorius 082 808 4802

Scroll to Top