Connect CNX!
Ons begeerte is dat elke tiener wat ons besoek met God sal connect en Hom binne-in hul harte en lewens sal beleef. Ons praat onder andere met die tieners oor God, wie Hy in jou is, dat Hy die wêreld deur jou wil bereik en soveel meer. Dit is vir ons belangrik om God se waarheid in tieners se lewens te vestig. Ons praat ook oor is sues waarmee tieners soms sukkel en help hulle om insig daaroor te kry.
Ons hart is om tieners te sien groei met ‘n passie vir God se Woord en Sy beloftes, ‘n liefde vir alle mense en die kerk, en om ‘n impak te maak deur ‘n Jesus-leefstyl en mentaliteit, waar hulle ook al mag gaan. Ons glo in die waarde van dissipelskap en dat elke tiener die geleentheid kry om te groei as individu in sy identiteit en verhouding met Jesus.