ONS

Ons is nie anti-denomineel, denomineel of inter-denomineel nie — ons beweeg eerder doelbewus verby kerklike skeidingslyne om mense rondom Christus te verbind.

Connexo se aanslag is:

  • Charismaties wat afgelei is van die Griekse woord charis wat beteken: genade, vriendelikheid, lewe
  • Missionêr/”Kingdom minded”
  • Vernuwend

Connexo is dogmaties konserwatief en glo in:

  • God die Vader (1 Korinthiërs 8:6)
  • Die Seun van God (Johannes 1:1-3)
  • Die Heilige Gees (Johannes 14:26) wie die Gees van die Vader en die Seun is (Romeine 8:9).

Die verklaring van Jesus in Johannes 14:6

“Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”

Ander kernwaarhede van die Christelike geloof waarin ons glo is:

  • Die geboorte, lewe, kruisiging, opstanding, hemelvaart en wederkoms van Jesus.
  • Die wedergeboorte van die mens uit Gees en water
  • Die invulling, vrug en gawes van die Heilige Gees
  • Die lering van die koninkryk van God
  • Die eindtyd gebeure
  • ‘n Nuwe hemel en ‘n nuwe aarde

Hierdie waarhede vorm die fondasie van ons prediking en ons geloofslewe.

Scroll to Top