Loading

Jou kinders is vir ons van groot waarde! Kleuters, peuters en laerskool kinders – ons wil hulle graag deel maak van CONNEXI KIDS bediening.

CONNEXI KIDS is nie daar om kinders op te pas nie, maar om by te dra tot die kinders se groei geestelik, emosioneel en fisies, asook om hulle die nodige tools uit die Bybel te gee, sodat hulle hulle volle potensiaal kan bereik. Dis ook ‘n plek waar hulle kan speel en lag en uitdrukking gee aan hoe hulle God ervaar, soos wat net kinders kan.

Die kinders is tydens die diens in kindervriendelike lokale doenig.

Jou kinders kry blootstelling aan samesyn, aanbidding en ‘n interaktiewe les wat op hul ouderdoms- en ontwikkelingsvlak aangebied word. Deur hierdie belewenis leer hulle van ’n jong ouderdom van Jesus se liefde vir hulle.

CONNEXI KIDS is vir kinders vanaf 2 jaar tot 12 jaar

Vir meer inligting of om by CONNEXI KIDS betrokke te raak, kontak:

Desiré Roux – 0605204150 / drouxasa@gmail.com

 

Ons begeerte is dat elke tiener wat ons besoek met God sal connect en Hom binne-in hul harte en lewens sal beleef. Ons praat onder andere met die tieners oor God, wie Hy in jou is, dat Hy die wêreld deur jou wil bereik en soveel meer. Dit is vir ons belangrik om God se waarheid in tieners se lewens te vestig. Ons praat ook oor is   sues waarmee tieners soms sukkel en help hulle om insig daaroor te kry.

Ons hart is om tieners te sien groei met ‘n passie vir God se Woord en Sy beloftes, ‘n liefde vir alle mense en die kerk, en om ‘n impak te maak deur ‘n Jesus-leefstyl en mentaliteit, waar hulle ook al mag gaan. Ons glo in die waarde van dissipelskap en dat elke tiener die geleentheid kry om te groei as individu in sy identiteit en verhouding met Jesus.

Skakel in by Connexters en kontak Evan en René Petersen – 0824684094 / 0628509691 / rene.mostert16@gmail.com

CNX2O se fokus is op die jong volwassenes 18 – 35 jaar

Ons nooi jou uit om deel te word van ‘n beweging wat jou help om jou lewe, talente, en geloof effektief aan te wend en suksesvol te lewe in jou liefde vir God en mense. Om ‘n lewe te leef wat ‘n verskil maak!

Ons bestaan uit enkel lopende, studente of jong werkende en getroude paartjies, met of sonder kinders.

Vir meer inligting of om betrokke te raak kontak vir Francois en Nicolene Breitenbach – 0832989837 / 0724065769 / francoisbreiten@gmail.com / nicolene1612@gmail.com

 

CONNEXUS Manne bediening nooi manne om deel te wees van hul inisiatiewe.

As mans is ons passievol om ‘n blywende verskil in ons huisgesinne, gemeente en gemeenskap te bring. Ons begeerte is om mans na God se hart te wees.

Deur die jaar word byeenkomste soos Manne Ontbyt met ‘n Spreker of Gas kunstenaar, Manne Dag met ‘n verskeidenheid van aktiwiteite, Manne Kamp, en Manne Uitreik na behoewendes aangebied.

Vir meer inligting of om betrokke te raak kontak vir Christo Bosman – 0834588419 / bosmanchristo17@gmail.com

 

CONNEXA vroue bediening nooi vroue om deel te wees van hul inisiatiewe. Dit is ons begeerte: dat vroue geïnspireer word; dat vroue bemagtig word om geestelik en emosioneel te kan groei; dat vroue besef dat die Here elkeen koester en baie lief het; en dat vroue saam as vriendinne, pret, vriendskap en vreugde beleef!

Deur die jaar word byeenkomste soos Dames Tee, Dames Ontbyt, Dames byeenkoms met ‘n Spreker of Gas kunstenaar en ‘n Vroue Kamp aangebied. CONNEXA Vroue reik ook uit na Ouetehuise en ander Gemeenskapsprojekte.

Vir meer inligting of om betrokke te raak kontak vir Rentia Venter – 011 953 5780 / 084 952 3165 / info@connexo.co.za

CONNEXIO Seniors is ‘n gemeenskap van senior burgers oor die ouderdom van 60 jaar.

Verskeie geleenthede word deur die jaar aangebied waar senior burgers saam sosiaal kan verkeer, oor relevante lewensfase kwessies kan gesels, geestelik kan groei en opnuut weer die waarde van senior burger wees te herontdek.

Vir meer inligting of om betrokke te raak kontak vir Charmaine Bensch – 0760211110 / hurters@tiscali.co.za

 

Ons aanbidding belewenis in al sy uitdrukkings maak ‘n lewens veranderende impak in ons lewens. Dit is ons begeerte om God te aanbid vanuit ons harte en in waarheid en daarom het ons ’n aanbidding span wat hulle gawes en talente gebruik om aanbidding te lei en fasiliteer tydens dienste en ander geleenthede.

Oefentye: Donderdagaande 19:00 – 21:00

Vir oudisies of enige navrae kontak Anke Opperman – 0718841682 / anke.opperman@gmail.com

Ons glo dat gebed ‘n persoonlike en gemeenskaplike behoefte is en dat dié bediening ‘n sentrale doel dien in ons gemeente en bedieninge.

Dinsdagaande 18:00 – 19:00 word gebid oor spesifieke versoeke en behoeftes van die gemeente en bedieninge asook enige versoeke van nie-gemeente lede.

Nasionale Nood nommers vir verskeie behoeftes:

• Telefriend (Ellel Ministries) 086 106 310 (08:00-21:00)

• National Counselling Line (Lifeline) 0861 322 322 (24 hours)

• Child Line 0800 055 555

• Women Abuse 0800 150 150

• Narcotics Anonymous 083 900 696

Navrae oor WAAR en WANNEER gebid word én vir gebed versoeke kan DEON MAY geskakel word by 083 441 8003 of stuur ‘n epos na info@connexo.co.za

 

Almal kry op hul lewenspad te doen met situasies wat soms oorweldigend is en hulp en ondersteuning nodig het. CONNEXUM Pastorale sorg help mense om weer heel te word deur middel van geestelike berading.

Ons netwerk ook met geregistreerde beraders, sielkundiges en terapeute wat spesialiseer in huweliksberading, kind-ouer verhoudingsberading, trauma berading en ander vorme van berading.

By CONNEXO wil ons graag ruimte skep vir gekwalifiseerde beraders wat hulle passie en tyd wil gee om ander te begelei na heel wording.

Vir meer inligting, om ‘n afspraak te maak, of om betrokke te raak kontak Pastoor Peet Huysamen – 011 953 5780 / 083 601 7086 / peet@connexo.co.za

2 Timótheüs 3:16-17 (AOV)

Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, 

sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. 

Kursusse word deur die jaar aangebied tot die geestelike opbou en verryking van die mens.

Kursusse wat aangebied word is onder andere:

Survey of the Bible – Understanding the Books, Places, Story, People and Periods – Dr. Bruce Wilkinson (DVD aanbieding)

70 x 7 Finding Peace By Forgiving Others…And Yourself – Dr. Bruce Wilkinson (DVD aanbieding)

What on earth is God doing in my life – Dr. Bruce Wilkinson (DVD aanbieding)

A Biblical Portrait of Marriage – Dr. Bruce Wilkinson (DVD aanbieding)

Laugh Your Way to a Better Marriage – Mark Gungor (DVD aanbieding)

Ontdek jou Plek – Pastoor Callie Venter

‘n Minimale koste is verbonde aan die opleiding en toerusting.

CONNEX Woord skool vind plaas op ‘n Woensdagaand 19:00 – 20:15

 

Navrae: 011 953 5780 / info@connexo.co.za

Die bediening is gefokus daarop om geleenthede aan te bied wat Connexo gemeente bemark en help met fondsinsameling vir die gemeente se bedieningsaktiwiteite

Navrae: Nico Fourie – 0760929025 / nicojfourie@gmail.com

CONNEXO Sorg groepe is die primêre versorging sisteem van connexo en deel van die DNA van die gemeente!

“Let him who cannot be alone beware of community …Let him who is not in community beware of being alone.” – Dietrich Bonhoefer

Die twee pilare van die Sorg groep sisteem is CONNECT en CARE en is gebaseer op Johannes 21:15-17 (AOV)

Galasiërs 6:10 (NLV)

Terwyl ons die kans het, moet ons dus goed doen aan alle mense, maar veral aan mede gelowiges.

Die liefde van Christus moet eers vloei deur die banke van ons kerke voordat dit deur die strate van die dorp kan vloei en die GEMEENTE moet nie beweeg op die voete van die PREDIKANTE nie, maar op die voete van die LIDMATE!

 

 

Vir meer inligting of om opgelei te word as ‘n Carer, skakel die kerkkantoor – 011 953 5780 / info@connexo.co.za of Christo Bosman – 083 458 8419 / bosmanchristo17@gmail.com

 

Hierdie is die mense wat ons gemeente en gaste hartlik groet en ontvang.

Hulle is by die ingange van die ouditorium en help ook met die offergawe, Nagmaal, bemanning van die I-connect toonbank en bediening van koffie voor dienste.

Vir meer inligting of om betrokke te raak kontak vir Sarel Venter – 076 126 0425 / sarelventer.07@gmail.com

Sedert 2005 het CONNEXO 58 Tent kerke geplant in Suid-Afrika, Mosambiek, Zambië, Kenia en Indië. CONNEXO werk saam met Judea Harvest Ministries en vervul so die opdrag van “gaan dan heen…”

CONNEXO is ook betrokke by die kerkplanting en uitreik na plaas arbeiders op sewe plase te Dendron in Limpopo.

Vir meer inligting of om betrokke te raak kontak Pastoor Callie Venter – 011 953 5780 / 084 410 3397 / callie@connexo.co.za

Die bediening sien om na connexo se multimedia afkondigings, inligting vir sosiale platforms, webtuiste, klank en beeld.

 

Navrae: Melissa Maritz – 0723423161 / melissa@tweetdesign.co.za Flippie De Beer – 0609728058 / flippiedebeer7@gmail.com

Shopping Basket