Wanneer ons na Connexo verwys as ‘n Post-Denominele gemeente, beteken dit nie dat ons:
Anti-Denomineel is nie
Ons erken en respekteer gemeentes wat funksioneer binne denominasie verband.
Denomineel is nie
Connexo is nie ‘n nuwe Denominasie nie. Ons is ‘n plaaslike gemeente wat met ander eenders-denkende gemeentes binne en buite Denominasie verband wil assosieer op ‘n verhoudingsbasis. Ander gemeentes kan ook met ons in assosiasie staan.
Inter-Denomineel is nie
Ons omarm nie enige leerstelling en bedienings-filosofie van ander gelowe nie.
Ons posisioneer ons dogmaties konserwatief bedoelende dat die verklaring wat Jesus in Johannes 14:6 gemaak het, “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie”, die Wedergeboorte van die mens uit Gees en water, die Kruisiging van Jesus en Sy Opstanding uit die dood op die derde dag, die Hemelvaart van Christus, en die Wederkoms van Jesus die basis van ons prediking en geloof is.
Ten opsigte van ons bedieningsfilosofie, wil ons vernuwend en missionêr wees.
Connexo gemeente is ‘n Charismatiese gemeente met die klem op: Charis (/ˈkeɪrɪs/; Greek: Χάρις) wat afkomstig is van ‘n Griekse woord wat “genade, vriendelikheid en lewe” omskryf.